top of page

Acerca de

VERLOWING 2022/01/22

DIE GROOT VRAAG

Henry het vir Marné op 20 Januarie 2022 gevra om saam met hom en sy sussie, Henét Branders, 15:00 by Castle Gorge op 22 Januarie 2022 te gaan stap. Marné was eers nie te lus vir dié storie nie, aangesien dit te laat is om te gaan stap en ook omdat Henry vir haar al die vorige naweek ingelig het dat hy niks op 22 of 23 Januarie sal kan doen nie, a.g.v. sy werk se deadlines. Die Kriedemanns en Bassons het wel vir Marné oorreed om te gaan stap.

 

Henry en Henét het vir Marné 14:20 opgetel by haar huis in Krugersdorp en van daar af Castle Gorge toe gery. Marné het voor die tyd vermoed dat daar ń slang in die gras is, maar nie ń ring in die sak nie, aangesien nie een van haar gesinslede vir die hele dag tuis was nie. Marné het die oggend saam met haar ouer sussie, D'Jané Basson, gaan inkopies doen, maar toe sy by die huis kom was al haar netjiese skoene skoonveld uit haar kas uit, dit was effens vreemd, maar tog ook nie, want  sy en haar jonger sussie, Carlé Kriedemann, dra dieselfde grote skoen, so sy het gedink Carlé kon nie besluit watse skoen sy wil dra nie, toe vat sy sommer almal saam met haar na nugter alleen weet waarheen...

In elk geval, so is Henry, Henét en Marné op pad Castle Gorge toe. Hulle het hulle kar by CP Passano-hulle gestop en van daar af met 2 quad bikes die berg op gery. Marné weet dat Henry nie ń voorstander van vinnig stap is nie, maar vir een of ander rede het hy buitengewoon vinnig gestap en so ook vir Marné en Henét aangemoedig om vinniger te stap. Marné het gedink dit was effens vreemd, want sy het mos vroeër die week al vir hom gesê "15:00 is te laat om te gaan stap."

 

Hulle het die pad so effens byster geraak toe hulle naby aan die waterval kom en dit is toe Henry ń benoude kyk in sy oë kry en so ook vir Marné, met ń bekommernis in sy stem, aanmoedig om die waterval voor sonsondergang te kry. Marné loop toe verder voor en was heel in haar noppies toe sy uiteindelik weer op die regte spoor is. Omtrent so 100m van die waterval af sê Henry net "Hokaai! Wag dat ek saam met jou stap." Ongeduldig wag sy toe nou vir hom, want sy ken mos nou die pad verder. By die waterval aangekom sit ons vinnig al ons sakke neer met die doel om nader aan die water te kom. Henét sê toe sy sal eerder bo vir hulle wag, hulle kan maar alleen nader aan die waterval gaan. Henry en Marné staan toe reg langs die waterval en toe Marné weer sien is haar mooiste kêrel op sy knieg. Sy sê, "Dit was die lekkerste en mees spesiaalste oomblik wat ek vir altyd sal koester. En natuurlik het ek sonder twyfel JA gesê, op ń sprokiesplek so na aan my hart." 

Net na die Groot Vraag kom Marné se ma, jonger sussie en haar vriend, Richard, (nou haar kerêl) en so ook Franco, die fotograaf, uit alle hoekies uit. Marné was so verbaas om hulle almal daar te sien. Na al die gelukwense bo-op die berg en ń onverwagte fotosessie, keer hulle almal terug na die quad bikes toe. Hulle kry so ook vir Henry en Marné se pa's op pad terug, want iemand moes die verlowingstoeskouers kom optel het bo-op die berg. Hulle het ook ń reënboog gewaar soos wat hulle stap, min het hulle geweet dit is die mooi, voor die storm...

By die kar en quad bikes aangekom klim almal vinning op hulle vervoermiddels, voor dit begin reën, en ry. Ongelukkig was die pas verloofdes se quad bike heel agter geparkeer en niemand merk op dat hulle quad bike glad nie wou start nie. Net daar en dan bars daar ń reënbui los. Henry het sy bes probeer om die quad bike aan die gang te kry, maar het geen suskes bereik nie. Daar was ook geen sein vir hulle om enige iemand te laat weet van die situasie nie. So besluit hulle toe om die quad bike net so te los en hulle pad teen die berg af, te voet, in die reën, teen ń hardloop pas aan te pak. Na so 4km teen die berg af kom hulle papnat by die Passanos weer aan.

 

Henry sê toe net dat hulle gou van daar af saam met Henét na Marné-hulle se plaashuis toe moet ry. Daar aangekom het die Branderse en Kriedemanns die lekkerste fees voorberei om dié spesiale dag saam met die verloofdes te vier. Henry en Marné moes vinnig hulle self netjies laat lyk en uiteindelik kry Marné toe al haar netjiese skoene wat vroeër die dag skoonveld uit haar kas verdwyn het. Carlé kon toe wragtig nie besluit watse skoene om te vat nie, maar nie vir haar nie, vir Marné. Gelukkig het Marné twee sussies wat haar smaak en styl ken en het hulle vir haar die perfekte uitrusting gekies om aan te trek. Die reën het die planne effens bederf, want al die groepsfoto's was toe verder in die donker vas gevang. 

 

Henry en Marné sal albei vir altyd hulle verlowingsdag in die fynste detail onthou.

bottom of page